Wie Is Tania?
Tania Smit het reeds jare gelede haar wortels in Oudtshoorn saam met haar gesin kom ingrawe nadat sy in Namibie gebore is, en in die Kaap en die Bosveld grootgeword en mens geword het. Sy het ‘n regsagtergrond, ken van belastingsake en geldsake, en werk tans as ‘n probleemoplosser vir ‘n groot nasionale eiendomsagentskap.
Alhoewel haar professionele wereld haar dwing om in reguit lyne te dink, en sterk en dapper met feite om te gaan, is dit in haar persoonlike lewe waar sy bekend geraak het vir die onverskrokke en reguit manier waarop sy oor haar eie emosies as mens deel en skryf, en uiteindelik hierdie stories in haar bundels publiseer. Omdat sy self publiseer het, kon sy ‘n besliste vroulik-skeppende gevoel aan die eindproduk te gee, met die hulp van pragtige illustrasies deur die skilder Glendine, van De Rust.
Lesers voel dat Tania in staat is om hulle eie emosies te verwoord, en deur die raaklees van hulle eie vrese en seer en snaaksighede deur die pen van iemand wat buite hulleself staan, hulle help om vergifnis te vind vir al die skaafplekke in hulle eie menswees.
Tania hunker altyd na langer grondpaaie, meer kans vir fotografie, en dieper sit saam met interessante mense. Sy is reeds sedert 2009 geskei, en die trotse ma van Julia en Adrian, wat nou pragtige grootmense is wat hulle eie pad in die lewe ondek.