Ek is mal oor funksies, en sal basies enige plek reis om nuwe mense te ontmoet en van my stories voor te lees. My koste is tussen R2,000 en R6,000 per funksie, plus reiskostes. As ek die datums kan kombineer met ander funksies kan die koste heelwat afkom. Fondsinsamelings doen ek gratis sover moontlik, so dit is net reiskoste wat betaal moet word (en akkommodasie waar moontlik).
Jy kan my email by tania@hekelwoorde.co.za, ek sal met liefde van die lesse my journey met jou deel, en rigtingwysers gee sover dit vir my moontlik is.
Ongelukkig weens beperkte tyd is dit nie vir my moontlik om manuskripte te lees en terugvoer te gee nie.
Indien ek in die omgewing is en die tyd het, sal ek dit baie graag doen.
Ongelukkig nie – ek skryf aan die hand van my eie ervarings en emosies soos dit by my opkom, en is dus ongelukkig nie in staat om stories op aanvraag te produseer nie.
error: Content is protected !!
Scroll to Top