Die wind waai vandag so hard dat dit my drome kan kom wegwaai. ‘n Sidderplek wat nerwend knaag in gate van my hart, my aan my sleepses saligheid kom rondruk soos ‘n wapperende wasgoedlyn. Drade onheil wat langsamerhand soos stof kom lê… van die vensterbanke val … op die vloerplanke aangewaai kom…. en dan kom plak. Stom en taai aan die toue van weemoedigheid kom vasgrawe, tentakels begin inspan, grou ek my drome vas, grypend vasklou, bepeins, beloer. Afspoeg, dan blinksmeer, poleer en weer wegsit in my weerprobeer, veilige donker plek. Die woeiende wind amper my drome kom afgryp, saam met die ander afgeremdes se stofkinners kom wegwaai vandag.
© HEKELWOORDE