NB: PRE-ORDER (dagboeke word hier bespreek, maar eers vanaf middel November na jou toe versend)
Dagwoorde 2025 is die heel eerste spesiaal ontwerpte dagboek vir Suid-Afrikaanse vrouens wat fokus op twaalf uitgesoekte rolle wat ons elke dag in ons lewe uitleef, ongeag die aan- of afwesigheid van liefdesverbintenisse of gesinsverpligtinge. Die dagboek bestaan uit maklike en ryk stories en aanhalings wat vrouwees in Afrikaans vier, met lieflike nuutskeppings daarby.
Die dagboek is ‘n A5 hardeband dagboek, en bestaan uit een bladsy per dag, met ‘n jaarbeplanner, maandbeplanner sowel as weekbeplanner. Daar is ook ruim voorsiening vir krabbels en notas. Elke maand sentreer rondom ‘n rol wat ons as vrouens vertolk, met ‘n storie oor hoe daardie rol ‘n bydrae lewe in ons lewe, ondersteun deur motiverende aanhalings deur die maand wat ook op die tema van die maand fokus. Die dagboek is pragtig illustreer deur Glendine Chrisholm.
Hierdie dagboek is meer as net ‘n neerskryfplek; dit is ‘n roepstem vir vrouens om daagliks dapper en met oortuiging hulself te bly koester en eer.