Ek is vandag ernstig bekommerd. En gatvol!

Gatvol gewerk, gatvol gezoom, gatvol tussen my mure gebly, gatvol vir my lessenaar in my kamer, gatvol vir statistieke en nuus en covid en en sanitiser en al die shit in ons land. En veral vir Cyril, wat vir my al hoe meer soos ‘n poefter begin lyk. ‘n Slim poefter. En omdat al die woorde wat uit Sondagaand-radiopraatjie afkondigings se speakers soos Swart en Wit klink. Scuse the pun. 

Eks gatvol gestress dat die regering al hoe meer maniere vind om grants vir meer mense uit te deel, terwyl hulle terselfdertyd al hoe meer maniere vind om die krane toe te draai van die mense wat die belasting moet betaal om die grants te betaal. Eks gatvol gehoor hoe worry hulle oor ons skuldlas, terwyl die geld wat deur sigarette sou inkom doodgedruk word in ‘n asbak. Eks gatvol dat een plus een nie meer twee is nie. Dis nie eers meer drie nie. Dis nou driehonde vyf duisend en honderd. Plus drie katte. En ‘n renosterhoring. 

Eks gatvol dat daar steeds duisend maniere is om onleesbare brands sigarette oor die grense te kry, omdat daar altyd in ons land ‘n donnerse vuur is waar daar ‘n rokie is. Eks gatvol dat mense wat nie met messe steek nie, nie mag wyn drink nie…. terwyl die deure wat eintlik toegemaak moet word steeds oop is. 

Ek is gatvol dat ek ‘n trotse Suid-Afrikaners is in ‘n reënboogland waar al die kleure nie meer skerpgemaak mag word nie. Ek wil pers sien, en magenta, en teal, en ligblou, maar die groot watergewere skiet ons knieë af as ons inkleur.  

Eks gatvol om stil te bly omdat ek positief moet wees. Gatvol dat ek grootgemaak is om ordentlik te bly. Gatvol dag ek nie mag toi-toi nie omdat my kleur te grênd is om te rebelleer. Eks gatvol dat ouers wat moet werk nie kan werk nie, omdat kinders wat moet skool nie kan skool, omdat die minister wat moes water nie gewater het nie. Gatvol dat ons nege weke in Lockdown was om hospitale reg te kry wat nie reggekry is nie. Gatvol dat taxis wat kla volgemaak word, maar restaurante wat kla leeggemaak word. 

Eks gatvol-de-moer-in dat elke week meer surreal begin voel as die vorige een. Ek wil met my kop deur die wind gaan wapper en my brein deur die see gaan spoel. My brein is dik gedink, en gatvol. 

Want hierdie is my land ook. My toekoms. My kinders se toekoms. My kleinkinders en vriende en ouers en voorvaders se toekoms. Almal van al die kleure se toekoms – maar ook myne!


En ek is gatvol dat dit nie meer so voel nie, en gatvol om stil te bly daaroor, en gatvol dat ek nie gehoor word nie.

Absoluut-fokken-gatvol 🙌. 

© Hekelwoorde

error: Content is protected !!
Scroll to Top